Noordwes het gedurende Oktober 2104 die 15de SA Nasionale Jeugskou Kampioenskappe te Vryburg aangebied.
Noordwes Jeugskou gebruik normaalweg Brahmane vir hulle deelnemers. Vanjaar was geen uitsondering nie.
In die junior Vleisbees afdeling het Marli Grobler as algehele wenner uit die stryd getreë. Sy het dit gedoen met ‘n Wit Brahman bul van haar pa Hanno Grobler se Dalyspan Brahmane. Haar suster Narine Grobler was 4de algeheel ook met ‘n Wit Brahman uit hul eie stoet.
In die senior Vleisbees Afdeling het Ilana Pietersen 2de geeïndig met ‘n rooi Brahman bul uit hul eie stoet met die naam Terenus Brahmane en het hoofsaaklik sy oorsprong gehad vanaf jeugskoue. Ilana se droom met die stoet was om brahmane te voorsien aan kinders vir jeugskou. Terenus beteken ook dan JEUG. Hierdie jaar het die drome vir die stoet waar geword toe daar 3 brahmane uit hierdie stoet gebruik is vir Nasionale Jeugskou.
In die Snr Groepklas Vleisbees afdeling het die span van Noordwes Jeugskou gewen. En dan ook met 3 rooi brahmane – almal van dieselfde stoet nl Terenus Brahmane. In die Jnr Groepklas Vleisbees afdeling het die span van Noordwes Jeugskou 4de gekom. Hulle groepklas het uit 3 wit brahmane bestaan – almal van Dalyspan Brahmane. Altwee die Grobler sussies, nl Marli en Narine was deel van hierdie groep.
Hoekom gebruik Noordwes Jeugskou net Brahmane? Brahmane is uiters geskik vir kinders om mee te werk en te skou. Ons sien die afgelope jare hoe kinders die hoogste sport in jeugskou bereik met Brahmane. In 2012 het die junior Vleisbees kampioen ook met ‘n brahman bul geskou (die wenner was Ilana Pietersen). IN 2013 was die Senior Vleisbees kampioen Sybel Jacobs van HJW brahmane. Sy het ook met ‘n rooi brahman vers geskou. In 2011 was Danie Haasbroek van Boshoek brahmane die senior Vleisbees kampioen. Danie het met ‘n wit brahman bul geskou. In 2014 is die junior Vleisbees kampioen Marli Grobler wat ook met ‘n wit brahman bul geskou het en Ilana Pietersen 2de met ‘n rooi brahman bul. Bewys genoeg dat brahmane die Noordwes span tot hoë hoogtes aanspoor.
Brahmane is uiters intelligent. Hulle kan presies afgerig word vir ‘n spesifieke doel. Brahmane is trotse diere wat die skouman in staat stel om die perfekte prentjie daar te stel om mededingend te wees. En brahmane is baie slim. Kinders word ook vreeslik lief vir hulle brahmane. Die bande tussen kind en dier word nooit gebreek nie.
Kliek hier vir meer artikels:
Vleisbeeste: Marli Grobler (tweede van links; Noordwes) die junior wenner in die klas vir vleisbeeste, saam met die skenkers van ’n Brahman-vers, mev. Magda van der Merwe (links) en haar man, Dawid, van die plaas Cleef, Vryburg. Die naaswenners was Jean-Pierre Meiring (tweede) en Pieter Ferreira derde), albei van die Wes-Kaap.
Die Brahman-vers wat Marli Grobler (regs; Noordwes) die junior wenner in die klas vir vleisbeeste, van mev. Magda van der Merwe (links) en haar man, Dawid, van die plaas Cleef, Vryburg, ontvang het.
Vleisbeeste: Die senior kampioen, Zuné Saayman (voor met die blou baadjie) van die Wes-Kaap het ’n Brahman-vers van mev. Alma Haasbroek en haar man, Izak, van die Boshoek-stoetery (albei agter haar), Vryburg, ontvang. Regs is Ilana Pietersen (tweede; Noordwes) en Stiaan heyns (derde; Mpumalanga).
Senior Vleisbeeste
Die Brahman-vers wat mnr. Izak Haasbroek en sy vrou, Alma (agter), van die Boshoek-stoetery by Vryburg, aan Zuné Saayman (regs) van die Wes-Kaap as wenner van die senior afdeling vir vleisbeeste geskenk het. Die hanteerder is mnr. Tebogo Malibongwe.
Marli Grobler van Hanno Grobler was die Junior Vleisbees wenner
Ilana Pietersen se gunsteling-dier is die bul Vryburg, wat as kalf saam met sy ma en nog ’n bul op ’n veiling aangeskaf is
Ilana Pietersen met brahman bul van Terenus Brahmane – 2de in die Senior Vleisbees Afdeling
V.l.n.r: Marnuts Coetzer, Marli Grobler en Narine Grobler
Senior Groep – Die persoon by hulle is Koos Nel van Old Mutual – een van die borge.