NASIONALE JEUGSKOU 2018
Maxie Pietersen
Weereens ‘n trots om die volgende uitslae te kan deel:
Junior-Junior Vleisbees: (Noord-Wes Provinsie)
1ste: Anghen Coertze – Rooi bul van Terenus Brahmane
2de: Theo Geldenhuys – Rooi bul van Terenus Brahmane
3de: Berno Geldenhuys – Rooi bul van Terenus Brahmane
Junior Vleisbees:
1ste: Derik Coertze – Wit brahman bul wat hy by Terenus gekoop het (Noord-Wes Provinsie)
2de: Andri Prinsloo – Rooi bul van Terenus Brahmane (Noord-Wes Provinsie)
3de: Zeiss Jordaan – (Herman Vigne se seun) skou met wit brahman bul van Terenus Brahmane (Oostelike Provinsie)
5de: Juan Cloete – Rooi bul van Terenus brahmane (Noord-Wes Provinsie)
Junior Groep
1ste: Wit brahman groep van KZN. Een van die provinsies wat ook nou net met Brahmane skou weens die Jeugskou.
Daar was in totaal 4 provinsies wat nou met Brahmane wil skou en geskou het. Die Jeugskou bevorder die Brahmanras en laat hierdie ras groei. Hierdie jaar was dit ‘n uitstekende voorbeeld daarvan. Van die 33 beeste wat daar was – was 18 BRAHMANE.
2de: Die Junior groep van Noord-Wes Provinsie
Senior Vleisbees: (Noord-Wes Provinsie)
1ste: Johan Cronje – Rooi bul van Terenus Brahmane.
3de: Narine Grobler – Wit bul van Dalyspan Brahmane.
5de: Alwyn Victor – Rooi koei van Terenus Brahmane.
Senior Groep:
2de: Noord-Wes Provinsie.
Weereens skop die Brahmane stof in die ander se oë. Hoop darem die Genootskap sal saam met ons trots wees op hierdie uitstekene RAS!!!!
Noordwes Brahman Groete