De Bruyn Brahmans

Contact Person:Arthur de Bruyn – 084 907 3028
Contact Person:Erika de Bruyn – 083 284 8071
AddressPosbus 9567, Rustenburg | Rhebokhoek, Boshoek, Noordwes
Email:debruyn.erika@gmail.com or aapfer@yahoo.com
Website:
www.debruynbrahmane.com
Facebook:www.facebook.com/debruynbrahmane


Genetika, Vertroue, Vooruitgang

‘n Liefde vir God se skepping…die natuur…diere…en veral Brahmaan beeste – dit is die hartklop van hierdie boerdery. Die rooi Brahmaan stoet is onlangs uitgebrei om wit Brahmane ook in te sluit. Die boerdery aktiwiteite sluit ook wildspesies en eksotiese watervoëls in. Die hoofstoetery word bedryf vanaf die plaas Rheebokhoek in die Noordwes provinsie, so 35km buite Rustenburg. Daar is ook n vertakking van die boerdery in die Hainaveld, buite Maun in Botswana.

Genetika
Deur die jare het De Bruyn Brahmane daarin gepoog om die beste genetiese materiaal van verskeie telers bymekaar te maak. Sodoende het hulle n teelkudde opgebou met eienskappe waarna enige boer soek – sterk vleiseinskappe en vrugbaarheid. Daar is ook n bul ingebring met sterk melkeienskappe om die melksyfers te versterk.

Vertroue
De Bruyn Brahmaan stoet is oorspronklik begin deur Oupa Paul de Bruyn, in die laat 1980’s. Die liefde vir beeste en die natuur is oorgedra van geslag tot geslag en vandag word die boerdery bedryf deur sy seun Frans en kleinseun Arthur. Die hoofstoet word in Suid Afrika bedryf, en daar is ook n vertakking in Botswana.

Vooruitgang
Vooruitgang en opbouing van die ras is baie belangrik. Daar is n konstante fokus op navorsing en maniere om te verbeter om sodoende kwaliteit diere te teel.