Bufland Fase D Groeitoets Resultate

Die “eerste van sy soort” het Saterdag, 29 November, afgesluit te Bufland Fase D2 Sentrum, digby Mo0kgopong (Naboomspruit) in die Limpopo provinsie.

65 Brahman bulle is deur 11 telers ingeskryf en die groeiresultate was verrassend goed.

Die bulle is in vier kontemporêre groepe verdeel. Dié groepe is volgens die LNR se protokol uitgewerk om die maksimum relevante data te kan versamel. Tussen die groepe was daar 24 stoetvaars aanwesig. Koppeling is ook tussen die groepe verkry en sommige telers het bulle in al dié groepe gehad. Grys en Rooi Brahman bulle het deelgeneem in al die groepe en goeie groeiresultate is deur albei tipe bulle in hul groepe behaal.

Die gekorrigeerde groeiresultate is deur Lukas Eksteen, die projekbestuurder, en studente van UP verwerk om die wenners in die verskilllende afdelings aan te wys. Die fisiese data-insameling was gedoen deur Jurgen Hendrik van die Irene Bultoetsstasie, LNR.

Fisiese metings was geneem en verwerk deur te korrigeer vir ouderdom.

Metings wat geneem was:

  • Heuphoogte en Liggaamslengte, met L/H verhouding bereken,
  • Skrotum omtrek, aangepas volgens ouderdom,
  • Veldikte.

Skandering (RTU) is gedoen vir die volgende eienskappe:

  • Kruisvet dikte,
  • Ribvet dikte, en
  • Oogspier oppervlakte wat verwerk is na’n voorspelde Kg vleisindeks.

Die interessante resultate het bewys dat bykans geen verskil tussen Rooi- en Grys-Brahman bulle in hulle verskillende kontemporêre groepe was, wat GDT betref nie.

In groep 1, met 10 bulle in die groep, het die bul IDB 1726 ’n GDT van 1.94 behaal, met ’n indeks van 132.

In groep 2, met 26 diere in die groep, het die bul R10 1760 die hoogste groei-indeks behaal met ’n GDT van 2.00 en ’n indeks van 137.

In groep 3, met 14 bulle in die groep, het die Rooi Brahman bul PRI 17747 met ’n GDT van 1.70, die hoogste indeks van 123 behaal. Die Grys Brahman bul R10 1761 was kort op sy hakke met ’n GDT van 1.69 en ’n indeks van 123.

In groep 4, met 15 bulle in die groep, het die Grys bul BAR 1712 ’n GDT van 1.70 en ’n indeks van 117 behaal, terwyl LMP 17641 ’n GDT van 1.67 en ’n indeks van 112 behaal.

Die fisiese keuring het Saterdag 29 November plaasgevind en was deur Llewellyn en Corrie Labuschagne tesame met Sietze Smit gehandhaaf.

Al die telers wat bulle in die groeitoets gehad het, het deelgeneem deur die amptelike keurkaart van die Brahman Genootskap te gebruik om die bulle fisies in vier groepe te plaas. Die groeitoets uitslae, saam met die fisiese voorkoms punt, is gebruik om te bepaal in watter groep ’n bul geplaas word.

Slegs die bulle wat in Groep A en B geval het, is terug plaas toe gestuur om as kommersiële bulle uitgegroei te word vir teling.

Die telers was beïndruk met hul bulle se prestasies. Die Bufland-span, onder die leiding van Lukas Eksteen, het ’n uitstekende proef gedoen.

Vroeg in 2019 word ’n toename in telers verwag wat weer Brahmane se groei wil meet.

Comments 4

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *